Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 8 JULIE 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike amateurradiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio, gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie, en vorige bulletins kan afgelaai word by www.sarl.org.za en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vandag is (Naam en roepsein), op 145,725 MHz FM vanuit Pretoria, met herleidings op (7 066 en 3 695 kHz ESB). (Ander nuuslesers verander soos nodig)

IN DIE NUUS VANDAG:

MAAK GEREED VIR DIE IARU WINTERKAMPIOENSKAPPE

BESPREEK NOU VIR DIE RTA IN DURBAN OP 21 JULIE

NUWE PRESTASIE BEHAAL DEUR VEROUDERENDE AO-7 SATELLIET

DIE DARK HONNEURS GOUE WAPEN TOEGEKEN AAN G3PSM

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

MAAK GEREED VIR DIE IARU WINTERKAMPIOENSKAPPE

Baie radioamateurs is besig om gereed te maak vir die grootste winterkompetisie van die IARU nl. Die IARU HF Wêreldkampioenskap. Hierdie kompetisie wat 24 uur lank duur is die hoogtepunt van die winterseisoen, met baie geleenthede om DX rondom die aarde te werk met gebruik van GG en ESB. Deelnemers kry ook die geleedheid om kontakte te maak met baie beamptes en klubstasies wat lede is van die IARU-vereniging.

Die IARU HF-kampioenskap is een van radiosport se unieke gebeurtenisse. Dit is die enigste belangrike kompetisie wat gebruik maak van die Internasionale Telekommunikasieunie- (ITU) sones as deel van die uitruilverslag en ook die enigste wedstryd wat gebruik maak van ’n spesiale vermenigvuldigerstatus vir die IARU-verenigingslede en =beamptes.

Amateurs kan deelneem op ’n verskeidenheid van maniere. U kan besluit om deel te neem as enkeloperateur met gebruik van ESB alleenlik, GG alleenlik of met gebruik van beide modusse. Enkeloperateurstasies het ’n keuse van drie kraguitsetvlakke : Hoë krag (meer as 150 W), Lae krag (tussen 5 en 150 W) of QRP (5 W of minder).

Die SARL as ’n IARU-vereniginglid het aansoek gedoen by OKOSA vir die roepsein ZS9HQ om deel te neem as ’n spesiale gebeurtenis stasie. As U graag deel wil wees van die bedrywigheid by die NARS stuur asseblief ’n e-pos vir Geoff Levey, ZS6GRL, aan contest@sarl.org.za. As U nie by die NARS kan wees nie kan U die SARL se roepsein bedryf vanaf U eie stasie. Geoff is die koördineerder vir die verskillende tydgleuwe.

Individuele radioamateurs word aangemoedig om deel te neem. Die reëls is beskikbaar by www.sarl.org.za.

Die verslag is RS57 of RST57. Suid-Afrika is in ITU-sone 57.

Een van die prettige dinge om te doen, is om te sien hoeveel van die IARU se spesiale stasies U kan werk gedurende die gebeurtenis. Terwyl meeste van die stasies hulle ITU-sone as deel van die wedstrydverslag uitgee sal IARU-vereniginglede die verkorting van die vereniging se naam uitgee. As byvoeging kan IARU-beamptes ook een van vier unieke verslae gee, AC as hulle lede is van die IARU Administratiewe Raad, of R1, R2 en R3 vir die ITU-streek waar die beampte dienende is. Dit is altyd iets besonders om te sien hoeveel nasies deur hulle nasionale organisasie op die lug verteenwoordig word. Dit versterk die globale natuur van amateurradio asook die algemene gebondenheid wat heers tussen amateurs.

Die IARU-wêreldkampioenskap begin om 12:00 UTC Saterdag 14 Julie en sluit om 12:00 UTC op Sondag 15 Julie. Volledige reëls is verkrygbaar by www.sarl.org.za en die skakel op die hoofblad.

Daar is ’n hele paar SARL-pryse wat gewen kan word. Die stasie wat die hoogste telling op ESB of GG behaal sal ’n sertifikaat en ’n ARRL handboek ontvang. Stasies wat die hoogste telling behaal op elke afsonderlike band sal ’n sertifikaat as bewys van deelname ontvang. Stuur asseblief u logstate aan contest@sarl.co.za om deel te neem aan die plaaslike kampioenskap.

BESPREEK NOU VIR DIE RTA IN DURBAN OP 21 JULIE

Volle besonderhede van die SARL Radiotegnologie-in-Aksie-simposium wat op 21 Julie in Durban sal plaasvind is nou beskikbaar by www.sarl.org.za. U kan vooraf bespreek en deel hê aan ’n bygevoegde prystrekking. As U ’n program van die verrigtinge verlang, stuur e-pos met U versoek aan rta@sarl.org.za, skryf RTA Durban in die onderwerplyn en U sal ’n PDF-kopie per e-pos ontvang.

NUWE PRESTASIE BEHAAL DEUR VEROUDERENDE AO-7 SATELLIET

’n Nuwe rekord is behaal deur middel van die verouderende OSCAR-7 satelliet tussen Wyatt Dirks, AC0RA, van Ceder Rapids, Iowa en Bill Dzurilla, OM3BD, in die Slowaakse Republiek. Hulle GPS gemete afstand van 7849 kilometer QSO tussen ruitverwysings EN31vx en JN88mf oorskry die vorige 7843 kilometer rekord opgestel in 2010 deur Luciano Fabricio, PY5LF en Joe Spandler, K3SZH, met 6 kilometer.

Om hierdie prestasie te behaal moes Wyatt om 03:00 opstaan en reis na ’n koppie. 1 uur weg van sy huis, die stasie opstel en OM3BD werk voor sonop om 09:55 UTC op die 2de Julie. Om die pad te bewerkstellig het OM3BD ’n Yeasu FT847 met SP2000 voorversterker en ’n paar 10 element rigstralers op 2 meter en ’n 8 element rigstraler vir 70 sentimeter gebruik. Aan die ander kant van die Atlantiese oseaan het AC0RA ook ’n Yeasu FT847 gebruik met ’n 7 element rigstraler op 2 meter en ’n 12 element rigstraler op 70 sentimeter.

JEUGDAGNAELLOOP RESULTATE

Die wenner van die SARL jeugdagnaelloop is Karel Bezuidenhout, ZU6KB. Karel is 18 jaar oud en sal ’n sertifikaat asook ’n harde buiteblad ARRL-handboek ontvang. Tweede was die sestien jaar oue Hendrik Veldman, ZU6LD. Hy ontvang ’n sertifikaat en ’n “Basic Antennas” handboek. Derde was die vyftien jaar oue Dean Coetzee, ZS6DPC. Hy ontvang ook ’n sertifikaat en ’n ARRL “ABC’s Basic Software Defined Radio Guide”. Die gelukkige trekkings prys, ’n 40 meter ontvanger monteerstel is gewen deur Mishaat wat die ZS2PE-stasie bedryf het. Die SARL studentelidmaatskap vir die jaar is gewen deur Tom Lewis, ZU5TOM.

Veels geluk aan al die wenners. Die pryse sal volgende week in die pos wees.

DIE DARK HONNEURS GOUE WAPEN TOEGEKEN AAN G3PSM

Verenigde Koninkryk amateur Colin Thomas, G3PSM, het Duitsland se Duitse Amateurradioklub honneurs goue wapen toekenning ontvang vir sy werk en die toekenning van 472 kHz. vir amateurwerking. Volgens die Duitse nasionale amateurradiovereniging, was G3PSM betrokke in die Europese kongres van Pos en Telekommunikasie-administrasie of CEPT voorbereidingsprosesvergaderings en by die WRC-12 kongres self. As gevolg van sy bekwame bearbeiding by vele vergaderings het die CEPT-voorstel vir toekenning naby 600 meter ondersteuning gekry en is uiteindelik goedgekeur.

OKTOBER RADIOAMATEUREKSAMEN

Die Santon Amateurradioklub bied weereens met graagte die kursus vir die Oktober 2012 radioamateureksamen aan.

Die kursus sal van belang wees vir enigeen wat graag ‘n amateurradiolisensie wil bekom, asook vir persone wat op reis is binne suidelike Afrika en graag gebruik wil maak van radiokommunikasie.

Die kursus begin op 26 Julie 2012 en duur vir twaalf weke tot by die eksamen wat op 18 Oktober plaasvind.

Lesings word elke Donderdagaand aangebied by die Nasionale Amateurradio Sentrum te Octavestraat, Radiokop.

Die kursus sluit in die HF radioassessering, asook ‘n vrywillige antennakonstruksiedag.

Registrasie vind plaas tydens die eerste sessie om 19:00 op 26 Julie, dit sluit ‘n algemene bekendstelling aan amateurradio en die kursus in. Daar is geen koste verbonde aan hierdie eerste sessie nie en enigeen wat sou belangstel in wat amateurradio behels is welkom om hierdie eerste sessie by te woon.

Vir meer inligting asook kostes kontak asseblief vir :
Greg Maynard
Sakfoon : 079 111 2850
E-pos: greg-m@mweb.co.za

KOMPETISIENUUS

Die komitee het net 10 logstate ontvang vir die digitale been van die SARL 80 meter Klubkompetisie

1ste Wesrand ARK – 26 punte van 4 logstate
2de Santon ARK – 17 punte van 2 logstate
3de Port Elizabeth ARV – 11 punte van 2 logstate

Die saamgestelde puntestand na drie kompetisies is
1ste Wesrand ARK – 179 punte
2de Bloemfontein ARK – 46 punte
3de Port Elizabeth ARV – 21 punte

Volle besonderhede sal in HF Happenings 511 gepubliseer word.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak gematig is. Reuse Sonvlek AR 1 515 borrel oor met M-klas fakkels en daar is 'n goeie kans vir 'n X-klas fakkel.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 103, meer as dubbel verlede week se waarde.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. As gevolg van die hoër sonaktiwiteit gaan 10 m openinge meer gereeld voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

14 Julie – IARU HF Kampioenskapkompetisie 12:00 UTC Saterdag 14 Julie tot 12:00 UTC Sondag 15 Julie. Versoek diensbeurt by die NARS-stasie per e-pos aan Geoff Levey, ZS6GRL, aan contest@sarl.org.za.
21 Julie – SARL Radiotegnologie-in-Aksie simposium in Durban, besonderhede by www.sarl.org.za, vra program per e-pos aan rta@sarl.org.za.
26 Julie – RAE-kursus deur die Santon ARK begin by NARS, kontak Greg Maynard by 079 111 2850 of met e-pos: greg-m@mweb.co.za.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies, waarin radioamateurs en kortgolfluisteraars sal belangstel, in te stuur na www.sarl.org.za/newsinbox.asp. Stuur dit - indien moontlik - in Engels sowel as Afrikaans, nie later as die Donderdag voor die uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program "Amateur Radio Today", wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n "podcast"-uitsending deur Dick ZS6RO. Besoek www.sarl.org.za vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS. Klik op 'Amateur Radio Today', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 4895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings wat nie op amateurfrekwensies uitgesaai word.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Johan ZS4SS, en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het. 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003